Christiaan VII | |
---|---|
Koning van Denemarke en Noorweë | |
Portret deur Alexander Roslin, c. 1772.
| |
Tydperk | 14 Januarie 1766 - 13 Maart 1808 |
Voorganger | Frederik V |
Opvolger | Frederik VI |
Huis | Oldenburg |
Vrou | Caroline Matilda van Groot-Brittanje |
Vader | Frederik V |
Moeder | Louise van Groot-Brittanje |
Gebore | Kopenhagen | 29 Januarie 1749,
Oorlede | 13 Maart 1808 (op 59), Rendsburg |
Christiaan VII (29 Januarie 1749 - 13 Maart 1808) was van 1766 tot met sy dood koning van Denemarke en Noorweë en Hertog van Sleeswyk-Holstein. Hy was van die Huis van Oldenburg en ’n seun van Frederik V en sy eerste vrou, Louise van Groot-Brittanje. Sy leuse was Gloria ex amore patriae ("Glorie deur ’n liefde vir die vaderland").[1]
Christiaan se bewind was gekenmerk deur geestesongesteldheid en hy was vir die grootste deel daarvan slegs in naam koning. Sy halfbroer Frederik is in 1772 aangewys as regent van Denemarke. Van 1784 tot met Christiaan VII se dood in 1808 het sy seun, later Frederik VI, as nieamptelike regent opgetree.[2]
© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search